Prins van Wallis-eiland Inheemse naam: Prince of Wales Island | |
---|---|
Nasa-Satellietbeeld van die Prins van Wallis-eiland | |
Geografie
| |
Ligging | Noord-Kanada, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 72°40′N 99°00′W / 72.667°N 99.000°W |
Argipel | Kanadese Arktiese Argipel
|
Oppervlakte | 33 339 vk km |
Hoogste punt | 320 m |
Administrasie | |
Kanada | |
Gebied | Nunavut
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Die wêreld se 40ste grootste eiland en die tiende grootste eiland van Kanada |
Prins van Wallis-eiland (Engels: Prince of Wales Island), die wêreld se 40ste grootste eiland en die tiende grootste eiland van Kanada, beslaan 'n oppervlakte van 33 339 km². Die eiland is in die noorde van Kanada in die Arktiese Oseaan geleë en maak deel uit van die gebied Nunavut. Prins van Wallis-eiland behoort tot die Kanadese Arktiese Argipel, met Koning-William-eiland in die suide, Victoria-eiland in die suidweste, Melville-eiland in die noordweste, Bathurst-eiland in die noorde, Cornwallis-eiland in die noordooste, Somerset-eiland in die ooste en Boothia-skiereiland in die suidooste. Die eiland is genoem na die Prins van Wallis, die titel van die troonopvolger en oudste seun van die monarg van die Verenigde Koninkryk.